Getuigskrifte / Testimonials

Ek kan ook net Dankie sê René vir alles, jy weet van waar ons kom en waar Jaydine nou is – is net ongelooflik, regtig! Dankie vir jou geduld en jou oor wat altyd luister, ek waardeer jou baie. XOXO
Teresa Nale


Ek wil ook net van my kant af sê, baie dankie vir die wonderwerke wat julle verrig. Tiaan het in ‘n ander kind in verander in ‘n kwessie van ‘n paar weke. Waar dit eers daagliks ‘n oorlog was, kon hy nie wag om by die skool te kom nie. Hy gesels oor sy werk en kan nie uit gepraat raak oor sy maatjies en juffrouens nie. Julle is omtrent Engele van bo.
Alta


Dieselfde met Mieke en Grethe, Hulle love skool nou en is weer hul ou self. Baie lief vir jul XOXO
Meriska Oosthuizen


Ja nee, my kleinseun, Waldo, is ‘n hele nuwe seun vanaf hy in julle skool is. Hy wou nie skool toe gaan in Rissiville nie, hy het altyd gehuil, maar nou kom maak hy vir Oupa wakker om hom skool toe te vat. Hy is ook mal oor sy juffrouens. Dankie vir wat julle vir al ons kinders by die skool doen. Weereens baie dankie.
Chris du Plessis